8,8 cm-Flak 18/36/37/41

8,8 cm-Flak 18-36

8,8 cm-Flak 36 met Flak Rohr 18-loop by die Imperiale Oorlogsmuseum in Londen
Tipe Lugafweer- en antitenkkanon
Oorsprong Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Diensgeskiedenis
In gebruik 1936–1945 (Nazi-Duitsland)
Gebruik deur Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland

Vlag van Italië Italië
Vlag van Bulgarye Bulgarye
Vlag van Spanje Spanje
Vlag van Finland Finland
Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Griekeland Griekeland
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Republiek van China Republiek van China
Vlag van Brasilië Brasilië

Vlag van Noord-Viëtnam Noord-Viëtnam[1]
Oorloë Spaanse Burgeroorlog
Tweede Chinees-Japannese Oorlog
Tweede Wêreldoorlog
Viëtnamoorlog[1]
Produksiegeskiedenis
Ontwerper Krupp
Ontwerp 1928
Vervaardiger Krupp, Rheinmetall
Koste per eenheid 33 600 RM[2]
Vervaardig 1933–1945
Aantal gebou 21 310[2]
Spesifikasie (Flak 36[4])
Massa 7 407 kg in gewapende posisie
Lengte 5,791 m
Looplengte 4,938 m (56 kalibers)
Wydte 2,3 m[3]
Hoogte 2,10 m (afvurend)
Bemanning 10[3]

Rondte Vaste QF 88×571mmR[3]
Kaliber 88 mm (3,46 dm)
Lope Een, 32 groewe met toenemende regshandige draai van 1/45 na 1/30
Bruglaai Horisontale halfoutomatiese skuifblok
Terugslag Hidro-pneumaties[3]
Wa Sonderanhänger 201 (Flak 18) en Sonderanhänger 202 (Flak 36, 37, 41)
Righoek −3° tot +85°
Rigbaan 360°
Vuurtempo 15–20 rpm
Trompsnelheid 840 m/s (2 690 vt/s)
Normale vuurafstand 14 860 m grondteiken
8 000 m effektiewe plafon
Maksimum vuurafstand 9 900 m maksimum plafon
ZF.20

Die 8,8 cm-Flak 18/36/37/41 is 'n Duitse lugafweer- en antitenkkanon wat in die 1930's ontwikkel is. Dit was een van Nazi-Duitsland se mees gebruikte kanonne regdeur die Tweede Wêreldoorlog en van hul mees gevreesde en herkenbare wapens tydens die oorlog. Die ontwikkeling van die oorspronklike ontwerp het gelei tot die daarstelling van 'n groot verskeidenheid kanonne.

Die naam het betrekking op 'n verskeidenheid kanonne; die eerste een was amptelik die 8,8 cm-Flak 18, die verbeterde weergawe van die 8,8 cm-Flak 36 en later die 8,8 cm-Flak 37 genoem.[N 1] Die woord Flak is 'n akroniem in Duits vir Flugzeugabwehrkanone[5][N 2] en beteken lugafweerkanon, die oorspronklike doel vir die ontwerp van die kanon. In Engels het die woord Flak 'n generiese term geword vir enige lugafweervuur vanaf die grond. Informeel is na die kanonne verwys as Acht-acht (agt-agt) deur die Duitsers en die eighty-eight deur die Geallieerdes.[N 3]

Die beweegbare, goed ontwerpte kanonwa het daartoe bygedra dat die lugafweerkanon direk in 'n beperkte antitenkrol gebruik kon word terwyl dit net so op sy wiele gestaan het.[4] Dit kon binne twee en 'n halwe minuut geskuif word. Die kanon se sukses in die geforseerde antitenkrol het tot gevolg gehad dat 'n kanon vir tenks ontwikkel is uit die lugafweerkanon, die 8,8 cm-KwK 36; KwK beteken Kampfwagen-Kanone (letterlik oorlogsvoertuigkanon of gevegsvoertuigkanon) en is ontwerp om as die primêre wapen in die skiettoring van 'n tenk gebruik te word. Die Tiger I-swaartenk was toegerus met die 8,8 cm-KwK 36-kanon.

Benewens hierdie Krupp-ontwerpe het Rheinmetall later 'n kragtiger lugafweerkanon, die 8,8 cm-Flak 41, ontwerp waarvan maar relatief min vervaardig is. Krupp het hierop gereageer met 'n prototipe van die langloop- 8,8 cm-kanon, wat later ontwikkel is as die 8,8 cm-PaK 43-kanon wat vir tenkvernietiging gebruik is in die Elefant en Jagdpanther-tenkvernietiger. Dit is ook in die skiettoring van die Tiger II-tenk geïnstalleer, wat dit 'n ware swaargewigtenk gemaak het.

  1. 1,0 1,1 Schuster, Carl O. (27 Julie 2016). "The Rise of North Vietnam's Air Defenses". HistoryNet. Besoek op 6 Januarie 2020.
  2. 2,0 2,1 "Lexikon der Wehrmacht – Fugabwehrwaffen (Flak)". www.lexikon-der-wehrmacht.de. Besoek op 6 Mei 2020.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Foss, Christopher (1977). Jane's pocket book of towed artillery. New York: Collier. p. 49. ISBN 0-02-080600-0. OCLC 911907988.
  4. 4,0 4,1 "TM E9-369A: German 88-mm Antiaircraft Gun Materiel – Technical Manual, U.S. War Department, June 29, 1943 (Lone Sentry)". Besoek op 23 Desember 2014.
  5. W. Biedermann (1923). Die deutsche Sprache als Spiegel deutscher Kultur. Frommannsche Buchhandlung. p. 38. Flak (Flugzeugabwehrkanone)
  6. Oberkommando des Heeres H.Dv.481/541 – Merkblatt für die Munition der 8,8 cm Flugabwehrkanone 18 (8,8 cm-Flak 18) und der 8,8 cm Flugabwehrkanone 36 (8,8 cm-Flak 36); Berlin: Oberkommando des Heeres, 1942.
  7. Wilhelm Oppermann, 1928.
  8. "Great war slang". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2011.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "N", but no corresponding <references group="N"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search